Het jy al daaraan gedink om geld te maak uit
tuisgemaakte lekkers? Tuislekkers bied ‘n uitstekende geleentheid om ‘n
betalende tuisbesigheid te begin.
Lekker outydse fudge |
Daar is drie belangrike elemente wat jy in
ag moet neem as jy ‘n winsgewende tuis onderneming wil begin:
- · Kies die regte produk
- · Fokus op kwaliteit
- · Kry ‘n effektiewe bemarkingstrategie.
As jy dit oorweeg om in een van die volgende
opsies vir tuisgemaakte lekkers te spesialiseer kan jy ‘n hoogs betalende
tuisbesigheid begin – geskenk mandjies van tuisgemaakte lekkers, ‘n lekkergoed
bouquet besigheid of om te fokus op ‘n besonder lekker tuis resep vir
gunstelinge soos fudge, sjokolade truffels, Turkish delight, peanut brittle
ens. In my e-boek “ Baking for Profit –start a home business” gee ek beproefde resepte vir tuis lekkers en klein
koekies om vir wins te bak.
Die verkope van lekkers is egter uiters
mededingend en tensy jy werklik iets besonders het gaan jy dit moeilik vind om ‘n
goeie besigheid op die been te bring. Maar daar is natuurlik baie opsies vir
bemarking en die internet bied ‘n besondere geleentheid om ‘n groot aantal
potensiële kliënte te bereik.
Daar is baie opsies wanneer dit kom by lekkers
wat jy kan maak. As jy byvoorbeeld ‘n fundi is in die maak van fudge kan jy met
‘n bietjie kreatiwiteit iets unieks byvoeg om ‘n produk te skep wat jou van die
res kan onderskei. Jy kan byvoorbeeld jou basiese fudge resep aanpas deur die
byvoeging van bestanddele soos:
- · Pepperment en groen voedsel kleursel bedek met sjokolade
- · Voeg grondboontjies en neute by en bedek met wit sjokolade
- · Voeg klapper en geursels by
- · Gebruik gekleurde gom lekkers en voeg dit by die fudge om dit helderkleurige lekkerte te gee.
- · Voeg bestanddele by soos marshmallows, grondboontjie botter, sjokolade stukkies en neute.
So kan jy jou fudge in verskillende geure
bemark. Jy kan ook jou produk koppel aan verskillende belangrike gebeurtenisse
soos:
- · Kersfees fudge
- · Moedersdag fudge ens.
Ek het hierdie pad geloop en op 10 resepte vir
lekkers en koekies gestandardiseer soos in “Baking for Profit” uiteengesit. Daarin kry jy beproefde resepte, ‘n
bemarkingstrategie en ‘n model om winsgewende pryse te bepaal.
2 2. Fokus op kwaliteit
Konstante pogings om elke baksel teen
dieselfde hoë kwaliteit te bak is ‘n
sleutel bestandeel vir sukses. Wanneer jy jou besigheid begin moet dit jou
doelwit wees om ‘n reputasie vir kwaliteit produkte te bou. Daarom is dit
belangrik dat jy beproefde resepte gebruik en dat jy streng sal hou by die
resep. Dieselfde maatbekers en -lepels moet moet deurgaans gebruik word.
Noukeurigheid in die afmeet van bestanddele is absoluut noodsaaklik. Kwaliteit
is ook nie goedkoop nie. Gebruik net die beste bestanddele en moenie in die
versoeking kom om goedkoop plaasvervangers te gebruik nie. Gebruik bv
keurbotter in plaas van margarien.
Jy kan nie lekkers maak sonder ‘n goeie termometer
nie. Daar is spesiale termometers om met suiker en sjokolade te werk en dit
skakel variasies uit. Onthou om ‘n nuwe termometer eers te toets voordat jy dit
gebruik. Water kook teen 100 grade celcius by die kus en teen ‘n laer
temperatuur in die binneland. Kook ‘n pot water en kyk wat die lesing op die termometer
is en vergelyk dit met die standaard. Maak dan die nodige aanpassings wanneer
jy die termometer gebruik.
3. Gebruik effektiewe
bemarkingstegnieke
Tuis lekkers moet gemik wees op die meer kieskeurige
kliënt wat bereid is om ‘n premie vir iets
besonders te betaal. Die redes hiervoor is:
·
Eerstens -
jou verkoopsprys moet ‘n ordentlike winsmarge hê om jou vir jou moeite te beloon. Dit maak nie sin om met die groot
kommersiële besighede meet te ding nie. Dit maak ook
nie sin om al die moeite te doen en dan nie ‘n behoorlike inkomste daaruit te
vedien nie.
·
Tweedens - Dit gaan jou geld kos om kwaliteit
produkte te bemark. Gebruik goed ontwerpte verpakkingsmateriaal om die produkte
in te verpak. Die verpakking is 50% van die sukses van jou produk- so moenie
daarop afskeep nie.
·
Derdens - sonder ‘n goed ontwerpte webblad kan
jy nie op die internet bemark nie. Dit sal jou loon om ook hierop geld te
spandeer.
·
Vierdens - gebruik ander bemarkingskanale soos
tuis nywerhede, vlooimarkte ens. om jou produkte te bemark.
As jy dit oorweeg om tuisgemaakte lekkers en klein koekies te maak en 'n tuisbesigheid te begin, kan jy in my eboek sien hoe ek dit reg gekry het om 'n suksevolle tuisbesigheid te begin.