Showing posts with label begin tuisbesigheid. Show all posts
Showing posts with label begin tuisbesigheid. Show all posts

Sunday, 23 October 2016

Besigheidsplan vir verf van meubels tuisbesigheid



Miskien sal jy dink dat om ‘n besigheidsplan vir ‘n tuisbesigheid te ontwikkel ‘n mors van tyd is. Die feit is dat selfs vir tuisbesighede dit myns insiens ‘n besondere waardevolle oefening is want dit dwing jou om deur ‘n dinkproses te gaan en te visualiseer hoe die besigheid kan ontwikkel. Dit help natuurlik ook om op die belangrike goed te fokus en om jouself aan sekere doelwitte te verbind. Die punt is dat ‘n tuisbesigheid soos enige ander besigheid benader moet word om dit ‘n sukses te maak.
‘n Goeie besigheidsplan moet sekere kern vrae beantwoord en dit verg behoorlike navorsing om  goeie antwoorde daarop te kry. Hier is ‘n paar riglyne:

            Hoekom wil jy ‘n meubelverf besigheid begin?
            Wat kan ek doen om dit anders as soortgelyke besighede te maak?
            Wie is my ideale kliënt?
            Wat wil ek in die eerste jaar bereik?
            Watter stappe moet ek neem om my doelwit(te) te bereik?
            Wat gaan die koste wees?
Spuitverf tegniek op kombuiskaste
            Wat gaan my prys strategie wees?
           
Miskien sal sit moeilik wees om aan die begin sommige van hierdie vrae te beantwoord en sal jy aanpassings moet maak soos jy vorder maar dit sal verseker dat jy jou besigheid in die regte rigting stuur. Dit is ook belangrik dat jy ‘n sogenaamde “SWOT” analise sal doen om vas te stel wat jou sterkpunte, swakpunte, geleenthede en bedreigings is. Met hierdie inligting  is jou kanse op sukses net soveel beter.

By die beantwoording van die vrae kan jy die volgende in aanmerking neem:

Hoekom ‘n verfbesigheid begin?

Daar kan baie redes wees om ‘n tuisbesigheid soos hierdie te begin. Dalk het jy al ou meubels as ‘n stokperdjie geverf en gerestoureer. Miskien is jy afgetree en wil jy jou pensioen aanvul of wil jy jou gewone inkomste aanvul en wil jy jou vrye tyd meer produktief en konstruktief aanwend. Miskien ken jy mense in die meubelbedryf wat van jou dienste gebruik kan maak. Miskien weet jy van iemand wat so iets doen en skynbaar geld daaruit maak. Wat ookal die rede(s) is behoort jy konstruktief daaroor na te dink en dit neer te skryf as riglyn vir die ontwikkeling van jou besigheid.

Wat kan my besigheid anders maak?

Om effektief in die markplek mee te ding moet jy probeer om unieke verkoopspunte of “unique selling points” (USP’s) te ontwikkel. Hoekom sal mense noodwendig van jou dienste gebruik maak? Is jy goedkoper? Bied jy spesiale kortings aan? Doen jy aflewerings? Het jy unieke vaardighede soos om met verftegnieke te werk? Gebruik jy meer gesofistikeerde verftegnieke soos om te spuitverf? Kan jy ‘n reeks dienste verskaf wat meer is as om net te verf?
Wanneer jy jou dienste bemark, is dit die dinge wat jy wil beklemtoon en wat jou van ander verskaffers onderskei.

Wie is jou ideale kliënt?

As jy weet wie jou teikenmark is kan jy jou strategie daarop fokus en so verhoed dat jy onnodige tyd en geld mors op pogings wat nie vrugte sal afwerp nie. In my tuisbesigheid fokus ek hoofsaaklik op die verf van ingeboude kaste want ek het ‘n spesiale reëling met ‘n kasvervaardiger om al sy verfwerk vir hom te doen en sodoende kan hy op sy primêre taak  (naamlik om kaste te bou) fokus. Daarbenewens het ek ook ander besighede soos binnehuisversierders en tweedehandse meubel winkels. Aan die begin het ek hoofsaaklik aan privaat mense dienste verskaf en alhoewel ek dit steeds doen is dit nie my hooflyn van inkomste nie.

Wat wil jy in jou eerste jaar bereik?

Slegs as jy doelwitte het kan jy groei. Doelwitte hoef nie noodwendig net monitêr van aard te wees nie. Dit kan aspekte insluit soos om nuwe verftegnieke aan te leer, of om ‘n spesifieke teikenmark te penitreer. Dit kan wees om ‘n handelsnaam/merk te vestig of om ‘n lojale kliënte basis daar te stel. Wat dit ook al is, onthou ook om realisties te wees sonder om minderwaardige doelwitte te stel – dit moet steeds ‘n uitdaging wees!

Watter stappe gaan jy neem om jou doelwitte te bereik?

Hierdie is ‘n voor- die -hand liggende vraag om te vra. Programme soos advertensieveldtogte, strooibiljette, radio en internet bemarking, besoeke en telefoongesprekke moet oorweeg word. Ek vind dat as ek op ‘n weeklikse basis my kliënte kontak om te verneem of daar moontlike projekte in die pyplyn is, dit hulle aktiveer om op te tree.

Spesiale promosies kan van tyd tot tyd aangebied word om sodoende jou marksegment te vergroot.

Wat gaan dit kos?

Dit is natuurlik die miljoen dollar vraag. Dit help nie jy het grootse idees maar jy kan dit nie bekostig nie. Daarom is dit belangrik om ‘n promosie begroting op te stel sodat jy kan seker maak dat dit nie jou besigheid (veral in die begin) nadelig sal beïnvloed nie. Dit help ook om te probeer bepaal wat jy as ‘n opbrengs op jou belegging kan kry met jou bemarkingspogings.

Wat gaan jou prys strategie wees?

Alhoewel jy in besigheid is om ‘n wins te maak, moet jy jou ook nie uit die mark prys nie. Jy moet weet wat jou mededingers vra en ook wat bekostigbaar is, veral vir jou  kommersiële kliënte. As jy weet dat jy ‘n konstante werkvloei sal hê en dat jy ‘n billike wins kan maak, is dit die moeite werd om vir groter kliënte ‘n mededingende prys te vra sodat albei partye daarby kan baat.
In die meubel verfbedryf is dit nie altyd maklik om ‘n prys te bepaal nie maar daar is modelle wat gebruik kan word. In my boek “Refinishing old furniture – start a home business” gee ek ‘n gedetaileerde uiteensetting van die stelsel wat ek oor die afgelope jare ontwikkel het en wat uitstekend vir my werk.

Friday, 10 June 2016

Begin 'n tuisbesigheid - restoureer en verf ou mebels



Spreuke 14: 4

As daar nie osse is nie, bly die voerkrip leeg.
Met net een goeie os bring jy ʼn groot oes in.


 Restoreer en verf ou meubels 

Het jy dit al ooit oorweeg om ‘n besigheid van die huis af op ‘n deeltydse of voltydse basis te bedryf? Meeste mense is deesdae onder druk om die finansies te laat klop. ‘nTuisbesigheid kan die antwoord wees om jou finasiële probleme op te los.  Die restourasie van ou meubels kan maklik vanaf jou huis bedryf word en kan met die minimum kapitaal begin word. Al wat jy nodig het is ʼn plek wat groot genoeg is om in te werk soos bv. ʼn motorhuis en sekere basiese gereedskap.

 Bal en klou stoel in wit geverf en gestoffeer

Dit het deesdae mode geword om ou meubles te restoureer en te verf. Die outydse “bruin”  meubels is net nie meer aanvaarbaar nie en ten spyte van die feit dat jy nie maklik die kwaliteit van die hout en selfs die vakmanskap daarvan kan betwis nie, wil meeste mense die ou  meubels verander om 'n meer moderne voorkoms te hê.  Dit het ‘n gulde geleentheid geskep vir die omskepping van die meubels in geverfde stukke wat tans hoog mode is. 

Ek is nie ‘n skrynwerker nie – sal ek dit kan doen?

Hier is ‘n paar dinge vanuit ‘n persoonlike oogpunt wat ek dink belangrik is om te oorweeg:
  •  Is jy handig en hou jy daarvan om met hout te werk?
  • Het jy 'n belangstelling in outydse goed soos meubels? Wil jy graag ‘n ekstra inkomste verdien? Sal jy dalk in die toekoms dit wil ontwikkel tot ‘n voltydse besigheid? 
  • As jou antwoorde positief is, is jy die regte persoon om so iets aan te pak – maak nie saak of jy oud of jonk is nie en of jy geld het of nie. Al wat jy moet doen is om so gou moontlik aan die gang te kom. 

Wat se gereedskap het jy nodig?

Die meeste van die gereedskap wat jy in die beginstadium benodig , het jy waarskynlik alreeds. Hier is ‘n lys wat die belangrikste items aandui:
  • .       Houtwerkgereedskap soos ‘n elektriese boor,  elektriese sirkelsaag ens.
  • .       Handgereedskap soos skroewe draaiers, tange, hout beitels ens.
  • .       Skuur toerusting soos ‘n elektriese hand skuurder, band skuurder ens
  • .       Verf toerusting soos sponsrollers, verfkwaste, verfskrapers ens.

Soos jou vaardigheid verbeter, sal jy jou verf kwaliteit wil verbeter en daarom sal dit nodig wees dat jy spuitverftoerusting aanskaf. Hierdie is egter redelike duur items en jy sal benewens spuite ook ‘n lug kompressor met ‘n 100 liter tenk benodig. 

Waar moet ek begin?

My raad is om eers klein te begin om die basiese vaardighede te bemeester. Neem enige ou afgeleefde meublestuk waarop jy jou hande kan lê en begin deur die nodige herstelwerk te doen.  Dit mag beteken dat jy lendelam pote moet herstel of laaie wat nie behoorlik werk nie te herstel of om krake, skrape ens te herstel.

Die volgende stap is om te besluit of jy die stuk net oor gaan seël met ‘n seëllaar en of jy dit gaan verf.  Die stappe vir beide opsies is kortweg die volgende:
  
  • Maak die stuk skoon deur dit behoorlik met suikerseep te was.
  • .       Skuur die ou deklaag so goed as moontlik af en vul skrape ens. met houtvuller en werk dit af tot die hout glad is.
  • .       Verf ‘n onderlaag aan en laat dit minstens oornag staan voor die bolaag aangewend word
  • .       Voor jy die eerste bolaag aanwend,moet die stuk behoorlik met ‘n fyn skuurpapier ( 220 grint) afgewerk word.
  • .       Skuur weer af voor die tweede bolaag aangewend word.

Waar kan ek hulp kry?

As jy so gou moontlik ‘n bedrewe restoureerder wil wees, sal dit raadsaam wees om hulp te kry van iemand wat reeds die pad geloop het en jou van raad kan bedien. Dit sal voorkom dat jy onnodige  en soms duur foute begaan. Ek is reeds meer as 5 jaar hiermee besig en het ‘n e-boek saamgestel wat al die aspekte van so ‘n besigheid in detail uiteensit. Jy is baie welkom om my te kontak deur 'n e-pos aan my te stuur. 
 


 

Hoe Om Spuitverf Toerusting Te Gebruik

As jy daaraan dink om meubels te spuitverf is dit belangrik dat spuitverf toerusting reg gebruik word. Die regte gebruik van die kompressor...