E Boeke

As jy dit oorweeg om 'n lonende tuis besigheid te begin, kan jy gerus twee opsies oorweeg. Die eerste is om ou meubels te restoureer en te verf. Die tweede is om 'n tuis bakkery te begin. Ek het by albei opsies betrokke geraak en my ervaring in 'n aantal e-boeke te boek gestel. Dit is in Engels geskryf om 'n wyer gehoor te bereik maar is gebaseer op praktiese ervaring wat oor die afgelope 6 jaar opgedoen is.

Die volgende is beskikbaar:

  • "Refinishing Old Furniture - start a home business"
  • "How to Spray Paint Furniture - a guide for beginners"
  • "Painting Kitchen Cabinets - a do it yourself guide"
  • "Bake for Profit - start a home business" 

  "Refinishing Old Furniture - start a home business"

Die boek is gemik op die persoon wat 'n tuis besigheid wil begin deur die restourasie en afwerking van ou meubels. Dit bevat die volgende:
  • Die lewensvatbaarheid van so 'n besigheid 
  • Die vaardighede en opleiding wat jy nodig het
  • Die verf- en ander gereedskap wat nodig is soos spuitverf toerusting, veiligheidstoerusting, werkswinkel toerusting ens.
  • Hoe om ou afwerking te stroop met chemiese aanwending, hitte (heat guns) ens.
  • Hoe om kleinere herstelwerk aan ou meubels te doen soos bv. om lendelam laaie en pote te herstel
  • Hoe om verskillende verf afwerkings aan te wend
  • Basiese verftegnieke soos wit was, veroudering ens.
  • Hoe om die besigheid uit te brei en te bemark
  • Hoe om die koste van projekte te doen - 'n handige koste berekenings model word verskaf
  • Hoe om 'n besigheidsplan te ontwikkel

"How To Spraypaint Furniture - a guide for beginners"

Hierdie boek is gemik op persone wat die tegniek van spuitverf wil bemeester. Die volgende aspekte word behandel:
  • Verskillende tipes spuite en kompressors wat gebruik kan word. 
  • Verskillende tipes verf wat vir spuitverf geskik is
  • Hoe om verskillende tipes oppervlaktes voor te berei vir spuitverf
  • Die basiese spuitverf tegnieke
  • Hoe om verskillende tipes hout te spuitverf bv hardehout teenoor laaghout of MDF  (Supawood) 

"Painting Kitchen Cabinets - a do it yourself guide"

 As jy daaraan dink om jou kombuis op te knap deur die kabinette te verf, is daar heelwat aspekte wat oorweeg moet word soos watter tipe verf kan gebruik word, hoe moet die voorbereiding gedoen word ens. Hierdie is gemik op die doen-dit-selfer wat seker wil maak dat dit nie in 'n gemors ontaard nie. Die volgende word behandel:
  • Die beste tipe toerusting om te gebruik vir die verf van kombuiskaste 
  • Watter opsies kan oorweeg word om jou kombuis op te knap
  • Hoe word die kaste vir verf voorberei
  • Hoe word verskillende oppervlaktes soos melamien, kwas dennehout, hardehout ens geverf 
  • Wat is die beste verf om kombuiskaste mee te verf
  • Hoe kan ek verftegnieke soos veroudering aanwend 

  "Bake for Profit - start a home business" 

As jy 'n tuis bakkery oorweeg sal hierdie boek van groot waarde wees omdat dit gefokus is op die besigheidsaspek en jy waardevolle wenke sal kry om dit lewensvatbaar te maak. Dit bevat die volgende:
  •  Hoe om so 'n besigheid te begin en duidelikheid te kry oor aspekte soos watter produk die beste sal wees en wat se regsaspekte in ag geneem moet word
  • Basiese bak beginsels soos hoe om met sjokolade te werk en hoe om met 'n suiker termometer te werk vir die maak van lekkers 
  • Hoe om produksiekoste en die winsgewendheid van verskillende resepte te bepaal
  •  Tien winsgewende resepte
  • Hoe om jou produk te bemark
  • Hoe om 'n mark vir lou produkte te ontgin
  • Hulpbronne soos hoe om gebak te vries en hoe om 'n besigheidsplan saam te stel
Al die bogenoemde boeke is in sagte band sowel as in e-boek formaat te koop. Klik op enige van die titels hierbo en die skakel sal jou na Amazon lei waar jy verdere besonderhede sal kry. Die prys vir al die boeke is $9.99.

Die boeke is ook direk van my af bekombaar in PDF formaat teen R120 per boek. Stuur my
'n epos na die volgende adres en ek sal jou dadelik kontak.
vanderwalt.nick@gmail.com

 

No comments:

Post a Comment

Hoe Om Spuitverf Toerusting Te Gebruik

As jy daaraan dink om meubels te spuitverf is dit belangrik dat spuitverf toerusting reg gebruik word. Die regte gebruik van die kompressor...