Spreuke
14: 4
As daar nie osse is nie, bly die voerkrip leeg.
Met net een goeie os bring jy ʼn groot oes in.
Restoreer en verf ou meubels
Het jy dit al ooit oorweeg om ‘n besigheid van die huis af op ‘n deeltydse of voltydse basis te bedryf? Meeste mense is deesdae onder druk om die finansies te laat klop. ‘nTuisbesigheid kan die antwoord wees om jou finasiële probleme op te los. Die restourasie van ou meubels kan maklik vanaf jou huis bedryf word en kan met die minimum kapitaal begin word. Al wat jy nodig het is ʼn plek wat groot genoeg is om in te werk soos bv. ʼn motorhuis en sekere basiese gereedskap.
Bal en klou stoel in wit geverf en gestoffeer |
Ek is nie ‘n skrynwerker nie – sal ek dit kan doen?
Hier is ‘n paar dinge vanuit ‘n persoonlike
oogpunt wat ek dink belangrik is om te oorweeg:
- Is jy handig en hou jy daarvan om met hout te werk?
- Het jy 'n belangstelling in outydse goed soos meubels? Wil jy graag ‘n ekstra inkomste verdien? Sal jy dalk in die toekoms dit wil ontwikkel tot ‘n voltydse besigheid?
- As jou antwoorde positief is, is jy die regte persoon om so iets aan te pak – maak nie saak of jy oud of jonk is nie en of jy geld het of nie. Al wat jy moet doen is om so gou moontlik aan die gang te kom.
Wat se gereedskap het jy nodig?
Die meeste van die gereedskap wat jy in die
beginstadium benodig , het jy waarskynlik alreeds. Hier is ‘n lys wat die
belangrikste items aandui:
- . Houtwerkgereedskap soos ‘n elektriese boor, elektriese sirkelsaag ens.
- . Handgereedskap soos skroewe draaiers, tange, hout beitels ens.
- . Skuur toerusting soos ‘n elektriese hand skuurder, band skuurder ens
- . Verf toerusting soos sponsrollers, verfkwaste, verfskrapers ens.
Soos jou vaardigheid verbeter, sal jy jou verf
kwaliteit wil verbeter en daarom sal dit nodig wees dat jy spuitverftoerusting
aanskaf. Hierdie is egter redelike duur items en jy sal benewens spuite ook ‘n
lug kompressor met ‘n 100 liter tenk benodig.
Waar moet ek begin?
My raad is om eers klein te begin om die basiese
vaardighede te bemeester. Neem enige ou afgeleefde meublestuk waarop jy jou
hande kan lê en begin deur die nodige herstelwerk te doen. Dit mag beteken dat jy lendelam pote moet
herstel of laaie wat nie behoorlik werk nie te herstel of om krake, skrape ens te herstel.
Die volgende stap is om te besluit of jy die
stuk net oor gaan seël met ‘n seëllaar en of jy dit gaan verf. Die stappe vir beide opsies is kortweg die
volgende:
- Maak die stuk skoon deur dit behoorlik met suikerseep te was.
- . Skuur die ou deklaag so goed as moontlik af en vul skrape ens. met houtvuller en werk dit af tot die hout glad is.
- . Verf ‘n onderlaag aan en laat dit minstens oornag staan voor die bolaag aangewend word
- . Voor jy die eerste bolaag aanwend,moet die stuk behoorlik met ‘n fyn skuurpapier ( 220 grint) afgewerk word.
- . Skuur weer af voor die tweede bolaag aangewend word.
Waar kan ek hulp kry?
As jy so gou moontlik ‘n bedrewe restoureerder
wil wees, sal dit raadsaam wees om hulp te kry van iemand wat reeds die pad
geloop het en jou van raad kan bedien. Dit sal voorkom dat jy onnodige en soms duur foute begaan. Ek is reeds meer
as 5 jaar hiermee besig en het ‘n e-boek saamgestel wat al die aspekte van so
‘n besigheid in detail uiteensit. Jy is baie welkom om my te kontak deur 'n e-pos aan my te stuur.
No comments:
Post a Comment