As jy ernstig is oor die spuitverf van meubels en kaste, moet jy die
regte lug kompressor aanskaf wat genoeg
saamgeperste lug sal verskaf om die spuit doeltreffend te laat funksioneer.
Daar is baie soorte kompressors op die mark. Vir spuitverf sal die tipe kompressor
afhang van die tipe spuit wat jy gaan gebruik. Wanneer jy ‘n spuit aanskaf moet
jy kyk na die gemiddelde lug verbruik in KVM ( kubieke voet per minuut) of Liter/minuut
asook na die werkdruk (Bar of psi – “pounds per square inch”) waarmee die spuit
teen optimum sal spuit. Die kompressor moet dus minstens die gevraagde lug
volume en druk kan verskaf – ook genoem FAD of “free air delivery”. Onthou dat
gravitase spuite minder lugdruk benodig as suig spuite. Die mees algemene spuit
wat vir meubels gebruik word is die sgn. HVLP (“ high volume low pressure”) spuite.
Dit spuit ‘n hoë volume verf teen ‘n lae druk. Maak dus seker dat die kompressor
‘n hoë volume lug kan produseer.
Daar is hoofsaaklik twee tipes lug kompressors. Die direkte aangedrewe kompressor
en die belt aangedrewe kompressor. Eersgenoemde is meer bedoel vir stokperdjie
beoefenaars terwyl die tweede meer geskik is vir werkswinkel toepassings.
Die direkte aangedrewe kompressors is gewoonlik heelwat goedkoper as die
belt kompressors en is geskik vir lae volume werk teen laer lugdruk. Die belt
kompressors lewer meer saamgeperste lug teen hoër druk maar is ook heelwat
duurder. Die eersgenoemde het natuurlik
ook ‘n kleiner tenk (gewoonlik 50 liter) terwyl die belt kompressor kom met
tenks wat wissel van 100 liter tot meer as 200 liter.
Om die regte grootte te kies moet jy dus hoofsaaklik na die volgende
twee aspekte kyk:
1.
Die lewering van lug in kvm of psi. Die kleiner
kompressors kom gewoonlik met ‘n twee perdekrag motor en lewer 7 kvm. ‘n Drie PK
motor lewer ongeveer 10 kvm.
2.
Die grootte van die lugtenk. Die 50 liter hou nie veel
lug nie en as jy redelik groot oppervlaktes gaan spuit, moet jy soms wag met
die spuit totdat die tenk weer op kapasiteit is. Die 100 liter hou genoeg lug
om redelik ver te spuit voor die tenk se kapasiteit te laag raak. As jy ‘n 3 PK
motor het, sal dit die tenk weer binne ‘n minuut of wat op kapasiteit kry
terwyl jy kan aanhou om te spuit.
As jy ‘n beginner is en nie te veel spuitwerk gaan doen nie ( ongeveer 5-10
uur per week) en jy gebruik ‘n standard HVLP gravitasie spuit, sal ek aanbeveel
dat jy begin met ‘n goedkoop 2 PK kompressor met ‘n 50 liter tenk. Die voordeel
van die kleiner kompressor is dat dit natuurlik baie ligter is en dus maklik
vervoer kan word – veral as jy op die terrein moet werk.
As jy meer gevorderd is met spuitwerk en jy sp
uit gereeld redelik groot
oppervlaktes ( veral kombuiskaste en groot meubels) sal ek beslis aanbeveel dat
jy gaan vir die 3 PK motor met 100 liter tenk. Dit is wel duurder maar jy gaan
soveel meer gedoen kry en werk van ‘n hoë gehalte kan lewer.
100 L kompressor 3 PK motor |
No comments:
Post a Comment