Die tegniek om meubels te "verouder" of om dit te laat lyk of dit verweer is, is 'n dekoratiewe tegniek wat baie populer geword het en wat gebruik word om ou meubels 'n vars nuwe voorkoms te gee.Dit vorm deel van die sogenaamde "refinishing" of oorverf van meubels. Die algemeenste vorm is waar die boonste verflaag afgeskuur word op plekke waar natuurlike slytasie sou plaasvind om sodoende die oorspronklike hout of 'n verf onderlaag bloot te stel. Daar is selfs gevalle waar die hout oppervlak doelbewus beskadig word deur met 'n voorwerp daarop te slaan om duike te vorm om so die stuk te verouder. Die mate van veroudering hang grootliks af van persoonlike smaak maar daar is tog 'n paar aspekte wat oorweeg moet word.
Eerstens speel die styl van die meubelstuk 'n rol. Die doel met veroudering is om nie die karakter van die meubelstuk te verander nie maar eerder om dit te beklemtoon.
Waar 'n meubelstuk patrone het wat skerp rantjies vorm is dit maklik om die randjies te skuur om die onderste laag te vertoon. Die proses kan delikaat van aard wees waar slegs fyn strepies vertoon word of meer aggresief waar groot dele van die onderste lae blootgestel word.
Tweedens is dit so dat sekere houtsoorte soos Den hulle daartoe leen om verouder te word. Donker houtsoorte soos Imbuia maak weer 'n mooi vertoning wanneer die hout blootgele word. Meubels wat van laaghout of "chipboard" gemaak is, gee nie baie goeie resultate met veroudering nie.
Dit is nodig om daarop te wys dat "chabby chic" en "distressing" nie na dieslefde ding verwys nie. Eersgenoemde is eerder 'n dekoratiewe styl wat meer insluit as net die verf van meubels. Ligte kleure soos pienk met blompatrone in gordyne, kussings ens. word gebruik saam met meubels wat verouder is om so 'n geheel prentjie van 'n vertrek te gee.
Ou hangkas aggresief "verouder" |